Die Verwoesting van die Bitter-begin
Die reën het die hele Vrydag oor Pretoria gehang. Die donderweer het ons voorberei vir wat die aand sou gebeur…
Peach en Louis het op die verhoog verskyn. Die reën het die hase pad gekies…die beats het gekies om te bly.
Jaco van der Merwe het geopen met ‘Almanak’…ons het die dae afgetel op ons vingers…die vingers het opgeraak en die Bitter het begin…
Die skare het saam gesing, saam gerap, saam ge-bons, saam geskree. Tumi & Richard Brokensha het gehelp met die verwoesting…
Daar het iets spesiaal begin op Vrydag 25 Februarie 2011…iets vars in die Afrikaanse musiek scene is gebore.
Die album launch het breine gebreek met ekstra kreatiwiteit! Dit was die album (wat reeds briljant is) met nog breinbreek-materiaal by!
Bittereinder het Pretoria verwoes met sy lirieke en beats…dis net die begin…dis als behalwe bitter…dis die tipe bitter wat jy op jou tong wil kry en op jou ore laat val…
“Slegte mense sing nie!” Maak reg Ramfest…die verwoesting het skaars begin…
Foto’s: Skillie Jacques Botha


Pingback: Hipster Weekend! | RickDisco.com